Hier is dit dan nou.
Ek het weke gewroeg oor die lewensvatbaarheid van hierdie blog, en tot die besef gekom dat dit eintlik die enigste manier is wat sommige ouens kan sien wat in die eenheid aangaan.
Ek gaan baie foto’s plaas en meesal goed skryf en opsit wat relevant gaan wees tot die eenheid en sy “inner workings”.
Almal is welkom hier by ons. As julle inligting het of net wil gesels, doen dit gerus. Vertel julle army verhale en deel mooi (en snaakse) en (lelike – as julle wil) herrinneringe hier.
Groete tot volgende keer.
Mev. RSM

Ek dink dis ‘n besonders goeie idee!
Dankie Da Mario,
Ek is so opgewonde!!
Kan nie wag om stories en die doen en late ook van Mev RSM hier te lees
Eben,
Dis jou stories wat ek wil hoor!!
Ek wil ook se dat hier dalk goed gaan wees wat baie boring is: Die volgende shoot, die volgende meeting etc, maar all in all is dit n dagboek wat die eenheid op hoogte kan hou van wat gebeur en julle kan lus maak om weer by aan te sluit – hehehe.
Hoogtyd dat die weermag ook die tegnologiese eeu betree. Dit is ‘n brilliant idee wat jy hier het.
Sover dit my wedervarings in die ou SAW en seuns aangaan, ek dink dit is beter om die verlede in die verlede te los. Let bygones be bygones.
Dankie Jaco, en hou maar die staaltjies reg, daar gaan geleentheid wees om die bygones af te stof.
R
The Rand Light Infantry (HQ located in Craighall Johannesburg)is now 102 years old. RLI has proudly served South Africa in two world wars and a numbers of other conflicts. We are a Reserve Force Regiment withing the South Africa National Defence Force. The regiment has impacted on thousands of lives in the 102 years and we would love to hear from any ex members or relatives of previous members. It would be great to receive stories and accounts.
To any young South Africans who would be interested in military service please contact us.
The Commanding Officer Rand Light Infantry
PS A big thanks to Mrs RSM for getting this up and running.